Boodskap


 





EK staan langs jou bed en kyk hoe jy aan die slaap raak.
Soms het daar al trane oor jou wange gerol,
oor verkeerde besluite en soms sommer net
omdat jy soos ‘n mislukking gevoel het.
Daar was dae wat jy seergekry het,
dae wat mense jou nie verstaan het nie,
dae wat jy moedeloos was,
dae wat pyn jou wou vernietig het!!
EK het toe saam met jou gehuil;
MY hande gehou en jou kosbare trane opgevang.
EK ken jou seer, EK ken jou pyn.
Daar is tye wat mense MY nie verstaan nie,
MY selfs verwerp, daarom weet EK hoe jy voel...
Daar was dae wat jy deurmekaar gevoel het en
gewonder het wat, waar en hoekom.
EK wil net vandag vir jou sê –
Nie een van die foute wat jy gemaak het,
het MY onkant gevang nie.
EK was daar en EK was nie verbaas nie.
EK weet alles.
EK verstaan alles.
EK sien alles.
En EK kyk nie na jou met oë wat oordeel nie.
EK kyk steeds na jou met oë van liefde en EK luister na jou met MY hart,
omdat EK 'n PA is wat uit liefde bestaan.
EK weet mense het soms al vir jou 'n verkeerde prentjie van MY geskilder,
maar EK wil jou nie straf nie.
EK is nie ver van jou af nie.
EK ken jou beter as enige iemand anders.
EK weet wie jy werklik is, en EK is lief vir jou!!!...

Jou Hemelse Vader.





__._,_.___
Recent Activity:
·         New Members 1
Yahoo! Groups
.
__,_._,___

Comments

Popular Posts