Elke vrou het 'n geur


ELKE VROU HET ‘N KRUIEGEUR

Die een vriendin laat jou dink aan Naeltjies – deurdringend sterk – ‘n noodsaaklikheid vir sekere tye van jou lewe.
‘n Naeltjieboom groei glo net waar die see gesien kan word.
Dan is daar die Neut-vrou.
Sy verleen daardie effens prikkelende geur met haar teenwoordigheid.
Jy sien haar nie dikwels nie, maar sy is altyd daar.
‘n Paprika-vriendin het ek beslis.
Altyd kleurvol, dra gedurig rooi, uitbundig en leef voluit, maar altyd smaakvol.

In elke vriendekring is daar ‘n Swartpepervrou-ontonbeerlik, maar jy moet haar reg hanteer anders kom haar skerpheid na vore.
Dit is dus verstandiger om haar in klein dosisse te kan geniet. 
En wie wil nou nie ‘n Kaneel vriendin hĂȘ nie?
Sy verleen ‘n heerlik soet, fyn geur aan jou vriendskaptuin.
Met haar snoesige roeskleur woltrui vul sy die vertrek met warmte en met haar sonnige geaardheid verdryf sy die kwaaiste winteroggend.
Sy sal nie maklik oordadig wees nie.

‘n Roosmaryn vriendin kom nie ongemerk ‘n vertrek binne nie.
Sy maak dadelik indruk met die manier waarop sy loop, lag, praat en aantrek.
As sy weg is, hang die geur van haar bekende parfuum nog ‘n tyd in die lug.
Dit is nie verniet bekend dat roosmaryn die geheue versterk nie.

‘n Ander vriendin waarsonder ek nie wil wees nie, is die Pietersielie vrou.
Sy is soos die bekende kruid, ‘n noodsaaklikheid in jou vriendekring.
Sy verleen die nodige versiering aan elke gesprek.
Haar advies is altyd deurdink en getuig van goeie smaak.
‘n Tiemie vriendin is nie oordadig met haar kuiertjies nie.
Sy hou dit kort en haar gesprekke is prikkelend en aktueel.
Sy verleen net daardie tikkie goeie smaak met haar teenwoordigheid.
(In Griekeland is dit ‘n kompliment as iemand vir jou sĂȘ jy ruik na tiemie.)

Laastens kry jy natuurlik die gemengdespeserye vrou.
Sy is ‘n heerlike veelsydige mengsel van vrolikheid, talentvolheid, bekwaarmheid en kunstigheid.
Nog ‘n moet in elke vriendekring.
Die besondere kruietuin van my, sal ek versorg en elke dag water gee.

Uit die nuusbrief van Anna Eksteen

Love and Friendship e-mails
http://groups.yahoo.com/group/love-eposvriende
Subscribe: love-eposvriende-subscribe@yahoogroups.com
Liefde en Vriendskaps e-posse
(As jy by die Afrikaanse groep aansluit, sal jy outomaties ook die Engelse e-posse ontvang. Dit is nie nodig om by albei aan te sluit nie)
http://groups.yahoo.com/group/Liefde-en-Vriendskap
Subscribe: Liefde-en-Vriendskap-subscribe@yahoogroups.com






Comments

Popular Posts