Souskluitjies


Souskluitjies

Lekker Kluitjies om op jou kookvleis of potjies te sit.
Maak seker jy het genoeg sous in jou pot dat dit nie droog kook of jou vleis aanbrand nie.

250 ml (1 k) koekmeel
7 ml (1½ t) bakpoeier
2 ml (½ t) sout
60 g botter or margarien, in blokkies gesny
10 ml (2 t) droƫ pietersielie
60-80 ml (¼-1⁄3 k) melk
Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Vryf die botter met die vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk.
Voeg die pietersielie by en net genoeg melk om ’n sagte deeg te vorm.
Skep eetlepels vol deeg in die vleispot en bedek.
Laat minstens 15 minute prut sonder om die deksel op te lig tot die kluitjies gaar is. (’n Mes moet skoon uit die middel kom.)
Resep van Huisgenoot/Stork

Comments

Popular Posts