*TUSSEN ONS boodskap en nuusbrief*



From: Anna [mailto:anna@zulucom.net]
Sent: 07 February 2018 7:47 AM
To: Anna <anna@zulucom.net>
Subject: *TUSSEN ONS boodskap en nuusbrief*


Mag ek vriendelik vra dat hierdie epos aangestuur word. – Baie dankie!
Liewe ontvanger van hierdie epos

My naam is Anna Eksteen. Ek weet jy ken my dalk nie, maar moontlik het jy dalk al van my gehoor. Dalk het jy selfs al in die verlede met my te make gehad dmv my e-resepte en geestelike boeke.

Ek vra vriendelik dat jy nie net summier hierdie skrywe sal uitvee voordat jy dit gelees het nie. Indien jy dan nie self belangstel nie, jy dit sal aanstuur na enig iemand wat my moontlik sou wou ondersteun of moontlik sou baat vind daarby.

Ek nooi jou hiermee uit om in te skakel by ANNA SE GROEP. As deel van diƩ groep sal jy sal daagliks 'n inspirerende dagstukkie of 'n TUSSEN ONS boodskap ontvang, + Vrydae is daar altyd iets interessant wat ek aanstuur. Ek sluit graag vir jou een van elk van die daaglikse dagstukkies en TUSSEN ONS boodskap in sodat jy kan sien hoe ek dit aanbied.

Hierdie is nie 'n slenter of scam nie, net 'n manier om 'n inkomste te verdien op 'n eerlike manier. Jy kan my naam en van intik op Google en jy sal sien dat ek is wie ek sĆŖ ek is.

Oorweeg dit asseblief net eers voordat jy sumier daarteen besluit. Ek is bereid om vir jou tot en met maandeinde die boodskappe gratis te stuur waarna jy jou besluit kan neem of jy deel van die groep wil wees of nie. Jy sal onder geen verpligting wees om voort te gaan nie.

Die uitstuur van die dagstukkies en sporadiese verkope van my boeke is my enigste bron van inkomste wat ek verdien. Ek stel self die Die TUSSEN ONS boodskap saam en jy sal sien dit is heeltemal anders as die gewone, as die wat van die internet verkry kan word. Om deel te word van my groep, kos 'n skamele R30pm.

Ek sien baie daarna uit om van jou te hoor.

Vriendelike groete
Anna
0715082157 – Vir whatsapp boodskappe


Maandag oordenking: 5 Feb  2018

DIE PAD WAS LANK

As jy terugkyk na ʼn sekere tyd van jou lewe, mag jy miskien dink, "Sjoe, ek het darem ʼn lang pad gekom van toe af!" Die pad was lank, ja. Daar was diep valleie waardeur ons moes worstel, styl hoogtes wat ons moes uitklim.
Maar as ons terugdink sal ons sien dat dit juis deur hierdie tye van beproewing was wat ons nader aan ons Heer geleef het. Sy band was altyd daar om ons op te hef, Sy liefde om die seer te heel, en Sy krag om ons te vul met nuwe moed en krag.  

Daar was tye wat Hy ons gedra het en daar net een ry voetspore in die sand was, en nou onthou ons net Sy nabyheid in daardie tyd, die seer is nie meer seer nie. Dit is die wonder van Sy liefde. Kom ons plaas dan nou weer ons lewe in en alles wat die toekoms vir ons inhou in Sy bekwame hande, en maak ons Hom ons Leidsman en ons weet, Hy sal ons op die regte pad lei.

Dankie Here dat U ons die pad vooruit stap, en al is daar stof op die pad en klippe op die horison, U vir ons die pad gelyk sal maak. Amen in U wonderlike Naam.

**********************************

Tussen ons 1 Feb 2018    Hierdie is n volle PDF boodskap. Ek kyk of ek dit kan aanheg.

Die TUSSEN ONS boodskappe word saamgestel en uitgestuur deur Anna Eksteen <mailto:anna@zulucom.net> anna@zulucom.net. Kontak my gerus as jy dit ook direk wil ontvang.

Mag die inhoud van hierdie TUSSEN ONS boodskap jou seƫn en jou hart aanraak!, en mag jy die res van die artikels of bydraes interessant vind.

 



Gebedsversoeke 6 Feb 2018
Liewe Heer,

as ek vandag moed en hoop verloor,

herinner my asseblief daaraan dat U planne

met my groter is as wat my drome is.

Amen.



Popular Posts